Life is beautiful – with Liezel

Skoonlief en Vuilbaard: Oor manlike chauvinisme

Die tekens is meermale eerder genuanseerd as blatant. Dit is soos ʼn stink wat dik en dormant in die lug hang en in klein gebare manifesteer. Ander mans, byvoorbeeld, tel manlike chauvinisme dikwels glad nie op nie. Wat kan ek doen? Ek kyk maar terug. Sê niks. Woorde is kosbaar en moenie gemors word nie – min of meer soos water.

Die gaybesluit het my geloof geknak

Die NG Kerk se omstrede besluite rondom selfdegeslagverhoudings het my ’n radikale geloofsinsinking laat belewe. Nie die kerklike debatte en latere besluite nie. En definitief ook nie die feit dat mense van die besluite verskil nie. Wat my tussen die koue vloer en die harige mat laat beland het…

Is jy skuldig aan kindermishandeling van ’n ander aard?

Kinderverwaarlosing van ’n heel ander aard druk die laaste ruk swaar op my gewete. ’n Kommerwekkend-algemene vorm van verwaarlosing wat ons almal daagliks teëkom. En dit is eintlik vreemd, want geen ouer wil tog as ’n kinderverwaarloser bekend staan nie – veral nie dié wat nooit ’n hand teen hul gelukkige en welgevoede en -geklede kinders sal lig nie.

Hmmm… die foto sê alles

’n Australiese ma van ’n tweeling het opslae gemaak toe sy ’n foto geplaas het van antwoorde op vrae wat mense haar oor haar tweeling vra. Skakels na Annie Nolan se blog is nou oral op Facebook te sien – dit is veral gewild onder die ma’s van tweelinge…

Ek rou maar steeds oor Taegrin Morris

19 Julie sal dit ’n jaar wees en ek kan steeds nie vir Taegrin Morris uit my kop kry nie. Taegrin Morris. O, Taegrin Morris. Die delikate lyfie op die teer. Die koppie teen die randsteen. Die gille. Die geskree.

My Pa Piet

Op Vadersdag kan ek nie anders as om te besin oor die besonderse, permanente indruk wat my Pa Piet op my lewe uitgestamp het nie. En op baie ander mense se lewens ook.

Die kerk en homoseksualiteit

Ek weet ook dat die feit of homoseksualiteit toelaatbaar is in ’n gebalanseerde samelewing – wat dít ook al mag beteken – al vir honderde jare lank beredeneer word. Deur die kerk én regerings.

Suid-Afrikaners op die Emmaus-pad

Die laaste ruk stoei elke Suid-Afrikaner. Die opponente verskil net. Ons almal soek-soek-soek ‘n verlosser, ‘n sterk leier, om ons uit die chaotiese gemors te red. Ek het ‘n ruk terug vir die soveelste maal die storie van die Emmausgangers gelees. Sommer net en sonder om enige nuwe uitleg te verwag. Maar God besluit wanneer Hy gedeeltes in die Bybel soos ‘n oorryp granaat laat oopbars. Dan spat die stroopsoet sap in alle rigtings en verander die wêreld na iets helderder en beter.

‘n Wit vrou oor xenofobie

Ek is ’n gewone, Afrikaanssprekende, blanke Suid-Afrikaner. Eintlik maar ’n Afrikaan. Die Afrika-kontinent is tog my aardse woning. Waar ek grootgeword het en gemaklik voel. Hiér woon my mense reeds geslagte lank. Ek het nie meer enige bande met Europa nie. Hoe voel ek, ’n blanke Suid-Afrikaner, die spreekwoordelike vrou-op-die-straat, oor die xenofobie-kultuur wat in ons land heers?

Oor enkelouers en die onderhoud-monster

My hart gaan uit na al die enkelouers wat maand na maand die sente moet omdraai. Wat die moedelose boeke moet laat klop en keer op keer finansiële ruïnasie in die gesig staar. Ek voel woedend as ek aan die onskuldiges dink. Die kinders wie se lot deur geld – ’n tekórt aan geld – bepaal word. Hierdie kinders is die slagoffers van die onderhoud-monster.

Karen Zoid en Van Coke – Wil jy nou meer?

Nou weet jy wat die KKNK met my gly in Karen Zoid uit te waai het. Maar wat het my gly in Karen Zoid en Francois Van Coke – wat my nie eintlik aanstaan nie – met mekaar in gemeen? En waarom, op hierdie aarde, skryf ek oor hulle?

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other