Vryerige Vrydae

Jy dink met jou kop, maar doén met jou hart

Ek oordeel asof ek in ‘n glashuis bly. Asof ek te alle tye nugter oor ‘n situasie dink. Ek doén. Ek is deeglik bewus van die gevare verbonde aan my besluite, maar ai, as Cupido se pyl eers jou hart deurboor het, is dit moeilik om die regte afdraai te kies

Is dit jou pa aan jou sy?

Kenners sê jy moet jou ouderdom deur twee deel en dan sewe bytel – jy moenie iemand jonger as dít die hof maak nie. Ek moet dus liefs nie na iemand jonger as 22 loer nie

‘n Troue om van te droom

Soveel soos ek hou van die tradisies van ‘n bruilof, voel ek egter vrugtekoek hoort nie by ‘n onthaal nie. Siesa! Jy eet dit net met Krismis

Vee voor jou eie deur voor jy klippe gooi

My punt is, niémand trou met die idee om te skei nie. Ons almal knoop verhoudings aan en trou met die beste bedoelings. Alle wingerde het klein jakkalsies wat hulle verniel. Ons almal is egter hoopvol dat, as ons genoeg gif gooi, die jakkalsies sal vrek

Kinders by dosyne

Vir meeste mense is kinders maak, kinderspeletjies. Nie almal is egter so gelukkig nie. Wat as die potensiële liefde van jou lewe hom nie daarmee kan versoen dat jy dalk nooit vir hom kinders van sy eie sal kan gee nie?

‘n Man soos my pa

‘n Dogtertjie se verhouding met haar pa lê die hoeksteen vir haar romantiese verhoudings met mans. As ek maar net ‘n man soos my pa kan kry, sal ek nie vir beter kan vra nie

Operasie Man-vang ‘n volslae mislukking

Daar is nie een enkele ander man wat alleen kerk toe kom nie. Die blink trouringe verblind jou soos jou oë soek vir ‘n oop plekkie tussen die rye en rye kerkbanke

In sak en as

Vasbyt Nicolene. Die onverwagse het soms die geneigdheid om ons te byt, soms vir ons eie beswil

Was die lewe maar soos ‘n boks sjokolade

As ek die lewe moet vergelyk met ‘n boks sjokolade, dan sal ek maar aan 10 blokkies met aarbei- of lemoenvulsel hap, net om by die lekkeres met die karamel- of roomvulsel uit te kom

Die voor- en nadele van alleenbly

Daar is egter niemand om vir my toiletpapier aan te gee as ek gaan sit het sonder om te besef daar is nie meer ‘n enkele velletjie aan die rol oor nie. Krisis
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other