Innibos 2014 beloof om propvol verrassings te wees

Voorafbesprekings vir Tjirp-lede en feesgangers met spesiale besprekingskodes is vanaf 24 Mei by Computicket en op die webwerf beskikbaar.
innibos 3

Dit is al amper weer tyd vir die Laeveld se grootste kunstefees, Innibos.

Die volledige Innibos-programboekie wat in Laevelder gepubliseer gaan word, sal vir die eerste keer by die loodsfunksie op 23 Mei aan die publiek beskikbaar gestel word.

Mense wat graag by Tjirp wil aansluit, kan gerus op die Innibos-webwerf gaan vir hierdie gratis nuusbrief inteken. Tjirp-lede ontvang vooraf altyd die jongste nuus oor spesiale aanbiedings en pakkette, asook interessante brokkies feesnuus.

Die grootste voordeel van Tjirp-lidmaatskap is die voorreg om reeds op  24 Mei kaartjies vir alle Innibos-vertonings, met die uitsondering van Boeke-crawl, te kan bespreek.

Kaartjies vir dié gesogte produksie word jaarliks binne 15 minute nadat besprekings vir die publiek oopgestel is, reeds uitverkoop.

Geen vroeë besprekings word dus vir Boeke-crawl toegelaat nie omdat dit waarskynlik sal beteken dat die produksie uitverkoop sal wees voordat kaartjieverkope amptelik open.

Die Boeke-crawl is ‘n unieke woord- en musiekproduksie wat al byna kultusstatus by Innibos bereik het. Dit word vanjaar weer in Kaapsehoop aangebied.

Kaartjies sal vanaf 26 Mei by Computicket en op die webwerf beskikbaar wees.

Vir meer inligting oor Innibos, besoek gerus www.innibos.co.za of bel die feeskantoor by 013-741-5294.

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Christmas CAROL walk
Spesiale stap beloof om Kersfees meer besonders te maak