Video: Riaan Cruywagen en Mariëtta Kruger in Beige Ford Cortina-musiekvideo

'n Greep uit die Beige Ford Cortina-musiekvideo.

“Doen jouself ‘n ****** guns: As jy nou nog nie vandag iets gesien het waaroor jy in jou mou kan giggel nie, dan moet jy die Beige Ford Cortina-video sien.” 

So staan geskryf op ‘n ene Sjef Snoekie se kos-blog van Maandag 28 Julie 2014, waarna enige iemand wat dit lees mos nou YouTube se “play”-knoppie gaan druk:

In die video berig die twee nuus-legendes, Riaan Cruywagen en Mariëtta Kruger oor ‘n beige Ford Cortina wat op bakstene staan. Na ‘n dag is die video al bykans 1 500 keer gekyk.

Die vraag – Wie is Sjef Snoekie – kom wel dadelik by mens op, en sy het dit ook goed gedink om dit sommer op haar webtuiste te beantwoord:

“Die sangeres-liedjieskrywer Marlise Scheepers is een van Afrikaans se veelsydigste musiekmakers. Nie net is dié gesoute joernalis en voormalige nuusredakteur ‘n bedrewe woordsmid nie. Die skrywer van die treffer Hei Mevrou Brown, wat onder andere deur Laurika Rauch opgeneem is, is deesdae ‘n sjef en blogger. En haar jongste album, Beige Ford Cortina, illustreer hierdie veelsydigheid in breë kwashale.”

snoekie-300x199

Marelise Scheepers.

“Sy kombineer nou haar musiekoptredes met die kookkuns. ‘Huiskonserte is weer die in-ding. Ek kook vir groepe van tussen 8 en 15 mense en sit ‘n driegang-ete voor. En as almal na die tyd ‘n soetwyntjie drink, sing ek vir hulle ‘n paar liedjies.'”

Sheepers verduidelik ook in haar blog hoe jy ‘n beige Ford Cortina opspoor…

Lees hoe hier: http://sjefsnoekie.co.za/beige-ford-cortina/

 

 

 

 

  AUTHOR
Aliche Bezuidenhout
Digital Manager - Lowveld Media

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
911Riders word hartlik ontvang in Limpopo