Die Laeveld braai die wêreld aan die brand

"Nóú gaan ons braai!" was die kreet.

MBOMBELA – ‘n Tamaai massabraai het gisteraad gesorg dat geen Laevelder die vrystelling van Innibos se feesgids vir 2015 ooit sal vergeet nie.

Meer as 3 000 mense het saam probeer om die Guinness-wêreldrekord te verbeter deur die grootste groep in die geskiedenis van die mensdom te wees wat saam kosmaak.

Daar is natuurlik nie twee keer gedink oor die dis wat voorberei sou word nie – “nóú gaan ons braai!” was die kreet wat oral opgeklink het. Laevelder het die atmosfeer op video vasgevang:

Braaiers het van 16:00 af geregistreer en die enorme braaipoging het na sononder afgeskop.  Daar is vir ‘n halfuur gebraai waarna daar vir ure gekuier en geklets is.

Voornemende Innibos feesgangers kon na Kurt Darren, Beeskraal en Wicus van der Merwe luister terwyl nog ‘n vleisie op die kole gegooi kon word.

Het ons jou daar raakgeloop?

 

Lees meer in volgende week se Laevelder.

  AUTHOR
Helene Eloff
Legal Adviser & Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
KNP management warns about malaria