Pro Gratia kry ‘n spesiale kuiergas

Voor: Christie Malan (direkteur), Magriet Smith, Andri Bester (direkteur), Welma Bezuidenout (direkteur), (agter) Ane Grobler, AJ van der Walt, Bianca Barnard, Conrad Grobler, Tammy Lechner en Jaco Vermaak.

MBOMBELA – ‘n Baie spesiale kuiergas het verlede week by Pro Gratia-leersentrum besoek afgelê.

Magriet Smith, ook bekend as Me. Hoop 2015, het ‘n program geskryf om kinders te help lees, genaamd Word4word. Dit word tans in die Kaap en in Namibië se kurrikulum gebruik. Pro Gratia is die heel eerste skool in Mpumalanga wat dié program ontvang het. Smith is onlangs as Me. Hoop gekroon en was reeds op televisieprogamme soos Kwêla en Geloof, Hoop en Liefde en het ook al naam gemaak in tydskrifte soos Rooi Rose, Keur en Finesse.

Sy het tydens haar besoek haar kroon by die leersentrum gelos omdat sy voel dié skool inpsireer haar. “As Me. Hoop 2015 was dit my voorreg om waar ek gaan die boodskap van hoop en inspirasie te verkondig. Maar wat die projekte waar ek gekuier het en die kinders nie besef nie, is hoeveel hoop en inspirasie hulle in my lewe gebring het. Daarvoor haal ek my hoed, of dan kroon as ‘n simbool van hoop, vir hulle af. Mag God hulle seën,” het sy gesê.

“Vir al die personeel en kinders by Pro Gratia was haar besoek uiters kosbaar,” sê Welma Bezuidenhout, een van die direkteure wat die skool bestuur. Smith het die skool geseën met woorde dat Pro Gratia “die glorie van God” is en dat hulle wonderlike instrumente is wat met sy koninkryk se kinders werk. Juf. Petra Overgoor ondergaan tans opleiding om Word4word-program onder die knie te kry.

  AUTHOR
Stefan de Villiers
Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
PREVIEW: The sky is the limit for talented male model