Gister se Laevelder-sportblaaie

‘n Lekker aksiefoto met R. van Zyl van LVCC, wat die bal met ‘n stewige regterskop aanjaag waar sy spanmaats D. Marshall, E. Visser, F. Schoeman en S. Alford gereed staan vir die opvolg-aksie.
PIC021970.07.24

Nelspruit Rugbyklub se tweede span in 1970 was (voor), W. Breytenbach, F. Marais, S. Pohl, J. de Beer, C. Welgemoed, (agter) S. Human, J. Lubbe, J. Pienaar, R. Sims, J. Grobler, N. van der Walt, K. Beetge, K. van der Merwe en D. Benade.

The Lowveld Leader, toe Die Laevelder en vandag se Laevelder, was nooit huiwerig om deeglike dekking aan plaaslike sportgebeure te gee nie. Hierdie was op die agterblad van 24 Julie 1970 – meer as 46 jaar gelede – toe die eerste en die tweede rugbyspanne van LVCC dié van die Nelspruit Rugbyklub goed opgedreun het. Gelaai met lekker aksiefoto’s het hierdie sportblad die vorige naweek se rugbygebeure op ‘n opwindende wyse weergegee, saam met berigte oor rolbal en tennis. Waaroor ‘n mens vandag veral wonder, is wie nog vir wie kan onthou en wie hom nog hier bevind. Ter uitkenning plaas ons hier die spanfoto’s en name van Nelspruit Rugbyklub se tweede en LVCC se eerste span van daardie jaar, soos dit in die koerant verskyn het. Sou jy iemand of dalk jouself herken – of weet wat van sommige van die manne geword het – kan jy aan ons skryf en vertel. Kontak ons by [email protected]

‘n Lekker aksiefoto met R. van Zyl van LVCC, wat die bal met ‘n stewige regterskop aanjaag waar sy spanmaats D. Marshall, E. Visser, F. Schoeman en S. Alford gereed staan vir die opvolg-aksie.

‘n Lekker aksiefoto met R. van Zyl van LVCC, wat die bal met ‘n stewige regterskop aanjaag waar sy spanmaats D. Marshall, E. Visser, F. Schoeman en S. Alford gereed staan vir die opvolg-aksie.

1970.07.24

Die tipiese sportblad agter op die Die Laevelder en Barberton Nuus soos dit in Julie 1970 gelyk het.

LVF0108_001_11630586262-1

  AUTHOR
Marius Bakkes

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Five ways to detox your body