So onthou Laevelder-lesers mekaar in die ou dae

Elke foto vertel ‘n storie. Toe ons onlangs die foto’s van twee van die plaaslike dorpspanne, dié van Nelspruit Rugbyklub en LVCC geplaas het, was daar lieflike kommentaar en herinneringe van ons lesers. Jurg Pretorius skryf oor LVCC se eerste rugbyspan van 1970 dat, sover hy weet, Dennis Marshall, Dolf Botha, F Visser, Frikkie Schoeman, Ben Pretorius, Harry Potgieter, Japie Kruger en hyself destyds almal in die Laeveld gewoon en saam rugby gespeel het.

Dennis Marshall is lank reeds dood en hy vermoed Visser ook. Frikkie Schoeman het later teruggekeer en ‘n plaas by Brondal op die Sabiepad gekoop. Jurg sê sy goeie vriend Dolf Botha is in 2014 dood. En so ook Ben Pretorius ‘n jaar later – daar was memoriums in Laevelder. Harry Pretorius boer op ‘n plaas by Friedenheim, maar van Japie Kruger het hy laas toe die LTK ontbind het gehoor, skryf hy. Só laat weet Dawn van Vuuren dat W (Wynand) Breytenbach haar pa was. “Ek was net oor ‘n jaar oud toe daardie foto geneem is.

LVCC se eerste span was (voor), P. Johanson, D. Marshall, M. Teal, D. Botha, J. Pretorius,  W. van der Merwe, (agter) R. van Zyl,  M. Nel, F. Visser, F. Schoeman, B. Pretorius,  H. Potgieter, J. Kruger, S. Alford en J. Terblanche.

LVCC se eerste span was (voor), P. Johanson, D. Marshall, M. Teal, D. Botha, J. Pretorius,
W. van der Merwe, (agter) R. van Zyl, M. Nel, F. Visser, F. Schoeman, B. Pretorius,
H. Potgieter, J. Kruger, S. Alford en J. Terblanche.

 

Ek kan nog onthou hoe ek as klein buksie saam met my ‘Dedda’ op Nelspruit se einste rugbyveld die bal ‘pale toe’ geskop het! Ongelukkig het ons hom aan die dood afgestaan in Augustus 2003… Net ‘n ou brokkie inligting… ” Laevelder het egter vir Dawn gepols om meer te vertel – ook oor haar jeug hier op Nelspruit: “My pa, Wynand Breytenbach het van 1946 tot 2003 geleef. Ek dink hy was oorspronklik van Groblersdal of Middelburg.

“Hy het jare lank by Super Motors by die ou Total-garage, vandag naby die busterminus, gewerk. “My ma, Yvonne, ‘n nooi Uys, is in Johannesburg gebore, maar het van kleintyd op Kaapsehoop en toe op Nelspruit gewoon, waar sy vandag nog is. Sy en my pa is in 1972 geskei, kort na my kleinsus, Wanda, se geboorte. “My pa is daarna vir die derde keer weer getroud! “Sy weduwee, Barbie, is ook nog in Nelspruit. Hy en Barbie het drie kinders – Wynand, André en Jacolize, gehad. “Ek het ook hier grootgeword en skool- gegaan. In 1882 was ek een van die eerste standerd vyfs in Laerskool Laeveld en in 1987 het ek by Bergvlam gematrikuleer.

Daarna was ek vir jare in Johannesburg voordat ek in 2002 weer op Nelspruit kom woon het. “Tans werk ek saam met my man, Gerrit, die eienaar van Nelspruit Watchmakers & Manufacturing Jewellers. Ironies genoeg, my seun Dean, die oudste kleinseun van Wynand Breytenbach, het onlangs by ons in die Laeveld kom kuier om ook sommer die vertoning wat die groep Prime Circle hier gehou het, by te woon.”

Nelspruit Rugbyklub se tweede span in 1970. Wynand Breytenbach word hier aangedui.

Nelspruit Rugbyklub se tweede span in 1970. Wynand Breytenbach word hier aangedui.

LVF0108_001_11630586262-1

 

  AUTHOR
Marius Bakkes

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Peugeot wants to make trading in your car post-warranty easier