Kersloffees 2016

MBOMBELA – Die gehoor by die Kersloffees kan oudergewoonte uitsien na pragtige musiek en gewyde vermaak. Dié jaarlikse fees vind vandag, 4 Desember by die AGS Communio Kerk plaas.

Optredes deur die Afrikaanse pop/country-duo, Anders, sowel as countrysanger, Manie Jackson, beloof om vanjaar se aanbieding ekstra spesiaal te maak.

Anders is die getroude sangmaats Wynand en Lindi Delport wie se nuutste album, #ek onthou, hulle die Ghoema-toekenning vir beste album deur ‘n groep of duo en beste groep van die jaar, besorg het. Manie Jackson se nuutste album, MJ, het binne 10 maande platinumstatus bereik.

Sanger en TV-persoonlikheid, Leon Ferreira, die groep Duis:Lig, Vasti Lourens, Eugene Jacobs en Jason Lee sal ook deel van die vertoning wees. Duis:Lig se debut-album is in 2012 lewendig opgeneem en in 2013 vir ‘n Tempo-toekenning genomineer.

Die Kersloffees begin om 16:00. KANSA en kinderhuise het uit verlede jaar se konsert gebaat. Bywoning is gratis, maar vrywilligers kan ‘n R30-donasie betaal, wat aan liefdadigheidsorganisasies geskenk sal word. Navrae: Koos Schoonraad by 082-335-1347 of Elmarie by 071-607-0598.

Indien jy herinneringe van laasjaar se Kersloffees wil herleef, sien ook: Kersloffees 2015

 

  AUTHOR
Elbi Dippenaar
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Lowvelder remains the best in South Africa