Brief van ‘n leser: Maar wat van jou geliefde troeteldier?

Dit is weer sulke tyd! Die vakansie kruip nader. Almal raak opgewonde en see- en bosveldvakansies word beplan. Daar word verwoed gepak. En Wagter en Vlooi moet maar net toekyk hoe almal om hulle met opgewondenheid skarrel en hulle raak vergete. So baie troeteldiere in die feestyd bly tuis sonder ‘n oppasser of word nie diereskuilings toe gevat vir goeie versorging nie.

Van hulle word sommer net langs die pad afgelaai. Want dit is mos maklik… volgende jaar kry ons net ‘n nuwe babahondjie of -katjie. Diere is ‘n verantwoordelikheid, nie ‘n speelding wat jy net kan weggooi nie. Dink voor jy een aanskaf. As jy kans sien vir die liefde van ‘n troeteldier, gaan na jou naaste DBV of diereherberg en neem ‘n weggooidier aan.

Moenie die telers ondersteun nie. Daar is te veel babadiertjies wat nie huise kry nie en duisende beland jaarliks op ‘n metaaltafel met die doodsnaald in hul are.

LEES MEER: Nuwejaar ‘n tragiese dag vir talle diere

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Is your child a bully?