Ashley, Shanese wil SA-titel verdedig

Anje Nel.

Saterdag se byeenkoms was die atlete se enigste kans om vir die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskappe wat later vandeesmaand in Potchefstroom plaasvind, te kwalifiseer.

Die o/13-dogter van Laerskool Nelspruit, Anje Nel (o/13) het sedert haar rekordafstand van 1,36m wat sy by Nellies se Westvaal Interhuisatletiekbyeenkoms opgestel het, Saterdag ‘n nuwe hoogte van 1,60m agter haar naam geskryf – óók ‘n rekord.

Verdedigende Suid-Afrikaanse gewig-stootkampioen, Ashley Erasmus (o/12) het haar opmars in die put voortgesit, met ‘n spogafstand van 11,49m.

Ashley Erasmus.

Die 2016 SA Skole-verspringkoningin, Shanese de Clerck (o/12) het self na afloop van die Obaro Interlaer-atletiekbyeenkoms, haar hoogte in die hoogspring-item verbeter toe sy Saterdag 1,45m oor die lat gevlieg het.

Dié atlete was egter nie die enigstes wat op hierdie byeenkoms, uitgeblink het nie.

Nellies se Kiara Craven (o/10, hoogspring – 1,25m), Larise Combrink (o/12, 100m – 12,56sek en verspring 5,08m), Cathleen van Zyl (o/13, skyfwerp – 29,90m) en Megan Botha (o/10, 70m-hekkies – 12,75sek) het in Secunda met goue medaljes gespog.

Kiara Craven.

Nog Nellie-atlete wat vir SA’s gekwalifiseer het, is Tanya Pieterse (o/11, 1 200m), Lana Botha (o/12, 1 200m), Vauhn van Zyl (o/10, gewigstoot) en Warren van Eyssen (o/10, hoogspring).

Curro Nelspruit se goue atleet, Miriam Moshood het twee eerste plekke vir dogters o/11 in die 80m met ‘n tyd van 10,6sek asook in die 100m met ‘n tyd van 13,47sek behaal.

Langasem, Kian Mouton is die ander Curro-leerling wat vir SA’s gekwalifiseer het vir sy tyd van 03:48 in die 1 200m.

Roland Stoltz, André Barnard (sporthoof) en Ruan Pretorius.

Ruan Pretorius en Roland Stoltz, twee atlete van Laerskool Laeveld, is ook na afloop van die naweek op pad Noord-Wes toe. Ruan het vir sy afstand van 1,50m vir seuns o/12 in die hoogspringitem sy plek in die span bespreek en sy spanmaat, Roland se 4,62m in verspring vir seuns o/11 het, ook die span gehaal.

Twee van Laerskool Witrivier se topatlete, Callum van Staden en Naki Fakude het ook na die skolekampioenskappe deurgedring.

Callum van Staden.

  AUTHOR
Carli Koch
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Mienke gets a visit from her sisters