Nellies is Ehlanzeni-wenners

Lani Swart, Lize Oosthuizen, Tammy Fourie en Arili Boshoff.

Die dubbelspan van Arili Boshoff, Lize Oosthuizen, Tammy Fourie en Lani Swart het hulle spelle gemaklik met 6-2 gewen.

“Die span wat ons in die halfeindstryd moes speel, het ongelukkig onttrek. Die dogters het regdeur die seisoen spog- tennis gespeel en al hulle wedstryde baie ver gewen,” het afrigter Riana Davel gesê.

Tammy het in haar enkelspel teen Eden Izeboud te staan gekom en haar met skoon stelle 8-0 geklop. Haar spanmaat, Lize was met 7-1 teen Della Alberts baas terwyl Lani gelykop met 4-4 teen Rachel White gespeel het.

Lees ook: Spelers wys wat in hulle steek na afloop van geslote-toernooi

Dit was ‘n naelbytstryd tussen Arili en Natasha Wales met Arili wat net-net 5-4 verloor het.

Nellies het ‘n finale telling van 35-14 behaal – 23-10 (enkels) en 12-4 (dubbels).

Die dogters hoop om hulle titel as Mpumalanga-wenners, wat later beslis word, te verdedig.

Uitslae
Enkels
Arili Boshoff 4 vs. Natasha Wales 5
Lize Oosthuizen 7 vs. Della Alberts 1
Tammy Fourie 8 vs. Eden Izeboud 0
Lani Swart 4 vs. Rachel White 4
Totaal: Nellies 23 vs. Uplands 10

Dubbels
Arili Boshoff en Lize Oosthuizen 6 vs. Natasha Wales en Della Alberts 2
Tammy Fourie en Lani Swart 6 vs. Eden Izeboud en Rachel White 2
Totaal: Nellies 12 vs. Uplands 4.

  AUTHOR
Carli Koch
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Jong sterre skitter in VSA