‘n Driekuns vir die Laeveld se atlete

Hoewel haar afstand van 12m nie haar byeenkomsbeste is nie, het sy die eerste plek met byna meer as ‘n meter onder Gauteng se Danielle Nolte se neus opgeraap.

Hoërskool Nelspruit se Joshua Maass het sy prestasies in spiesgooi voortgesit met ‘n yslike 73,66m wat hom die SA-titel besorg het.

Verlede jaar het Joshua die eerste gr.10-seun in die Laeveld se geskiedenis geword wat die 700g-spies verder as 70m kon laat grondvat. Dit het hom onder die voorste vyf o/17-atlete vir 2016, landswyd geplaas.

Soos verwag, het NHS se Nerina Visser die wenstreep in die 400m-hekkies vir o/19-dogters eerste oorgesteek en met die sege in ‘n tyd van 62,02 weggestap.

Norbert Ponisammy, van LHS se hammy-besering van 2016 spook steeds. Tydens verlede jaar se kampioenskappe het hy ‘n graad-twee-skeur opgedoen. Hy het Vrydag eerste in die uitdunne in die 200m vir o/19 geplaas.

Lees ook: Marais, Banda en Khoza goud werk

“Jy sal dit nie glo nie. Om die 200m-draai het ek weer my hammy getrek. Ek glo ek sal Saterdag in Kaapstad (Atletiek Suid-Afrika Jeugkampioenskappe) gereed wees,” het Norbert aan Laevelder gesê.

Hy het twee bronsmedaljes in onderskeidelik die verspring (7,43m) en 100m (10,58) om sy nek gehang.

Hoërskool Rob Ferreira se Thulani Lekhuleni (o/19) het die 800m in 03:52,00 kafgedraf en is 0,3sek van die kwalifiserende tyd vir die Wêreld Jeugkampioenskappe, Julie in Kenia weg.

Lees ook: Three gold medals for Norbert

Thulani, saam met sy spanmaats Amos Khoza (o/17), Nkosana Mpinga (o/17) en Thebogo Maseema (o/17) sal ook die naweek in Kaapstad in aksie wees.

“Daar is ‘n groot moontlikheid dat Thulani die naweek die kwalifiserende tyd gaan hardloop.

“Die komende naweek se kampioen-skappe, is net vir o/17-, o/19-, o/21- en o/23’s. Vir meeste van die jonger atlete, was dit ‘n leerervaring omdat sommiges in ‘n hoër ouderdomsgroep moes meeding,” het die sport- en ontwikkelingsbeampte van Rob, Stefan van der Merwe gesê.

NHS se Naas Marais, het ‘n persoonlike beste afstand van 53,11m met die 1,75kg-diskus gegooi wat hom ‘n derde plek besorg het.

“Sy eerste twee gooie was geen gooie nie. Hy het baie guts gewys om sy derde en laaste gooi te laat meet. Mits dit ook ‘n geen gooi was, sou hy uit die kompetisie gewees het,” het NHS se atletiekspesialis, DP Badenhorst gesê.

Naas, Henco Pieters, Joshua, Stefan Smit en Wian Otto is ook die naweek op pad Kaapstad toe.

Uitslae (eerste vier plekke)

NHS
• Naas Marais, o/19 – gewigstoot (tweede, 17,54m) en diskus (brons, 53,11m)
• Nerina Visser, o/19 – 400m-hekkies (eerste, 62,02)
• Joshua Maass, o/17 – spiesgooi (eerste, 73,66m)
• Stefan Smit, o/17 – spiesgooi (vierde, 64,44m)

LHS
• Norbert Ponisammy, o/19 – verspring (derde, 7,43m) en 100m (derde, 10,58)
• Nolwazi Mashaba, o/15 – driesprong (eerste, 12m) en verspring (derde, 5,53m)

Rob
• Thulani Lekhuleni, o/19 – 1 500m (vierde, 03:52,55)
• Amos Khoza, o/17 – 800m (vierde, 01:54,08)
• Ashaan, o/15 – verspring (vierde, 6,39m)
• Vuyo Ndlovu, o/15 – 100m (vierde)

Penryn College
• Bethal Makoni, o/17 – verspring (vierde, 5,47m).

  AUTHOR
Carli Koch
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Dubbele goud vir ons atlete