Bergies se o/12-netbal stel hoë standaarde

Hier is Tené Fourie, Jeané Henning, Ané Blom, (agter) Bena-Dea Lubbe, Palesa Sedibe, Megan Wiehman, Nina Venter en Miggie Lancaster (afrigter).

Die kampioenskap is die afgelope vakansie deur Laer- en Hoërskool Polokwane aangebied. Die Bergies het in hulle eerste wedstryd teen Laerskool Thabazimbi te staan gekom en met 19-8 gewen.

Lees ook: Bergland kry nóg ‘n spogtrofee

Hulle het ook die daaropvolgende wedstryde teen Lydenburg (19-17) en Krugerpark (11-7) gewen om so na die eindstryd teen Phalaborwa deur te dring.

Die span, onder leiding van Miggie Lancaster, het in 2015 met die titel weggestap.

  AUTHOR
Carli Koch
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Tafel vir top-toernooi in Boksburg gedek