Leser se brief: Verbitterde oumens wil soos ‘n dier uitgesit word

Ek is ‘n 60-jarige wit man met baie jare se werksondervinding in die chemiese en voedselbedryf.

As ‘n mens kyk na die wêreld daarbuite, kom jy tot die besef dat oumense net soos diere maar “uitgesit” kan word?

Kyk na enige advertensie en jy sien dat ons as “ou” mense as oorbodig en as suurstofdiewe beskou word, aangesien ons bokant die sogenaamde diensbare ouderdom gesien word!

Twee besighede wat ek gehad het, het gevou. Nou sit ek “nutteloos, oorbodig en ongewens” en wag dat ek maar moet doodgaan.

As julle weer die diere by die DBV moet uitsit, maak dit ‘n “opedag” vir die baie “oumense” daar buite dat ons ook van die blou vloeistof in die are kan kry en maar kompos word?

  AUTHOR
Lowvelder

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
BREAKING NEWS: Truck driver killed in freak train accident