NHS is Mpumalanga-kampioene

Photo: Hennie Homann/Africa Photographic Services

NHS se eerste dogtershokkiespan het Saterdag in die eindstryd teen Hoërskool Middelburg op Curro Nelspruit se AstroTurf te staan gekom en met 2-1 as kampioene van die veld afgestap.

“Dit was beslis ‘n spanpoging en hulle het as ‘n eenheid saamgespeel. Die dogters het bogemiddelde hokkie gespeel en het wedersydse respek vir mekaar,” het die afrigters Piet Uys en Riana Blom gesê.

Photo: Hennie Homann/Africa Photographic Services

Middelburg het die eerste doel van die wedstryd aangeteken en was vas oortuig dat hulle die wedstryd in die sak het. NHS se Genevive Janse van Vuuren het voor rustyd haar span se eerste doel na ‘n korthoekie verby die doelwagter gestuur.

Also read: NHS hockey girls through to semis

NHS se goue dogter, Marné van Aarde het in die laaste sekondes van die naelbytstryd ‘n strafhou aangeteken.
“Ons het ons korthoekies aangepas om seker te maak Middelburg weet nie wat om te verwag nie. Op doelgemiddeld het ons reeds die boonste plek op die punteleer beklee, maar dit is tog spesiaal om die eindstryd te kon wen.”

Photo: Hennie Homann/Africa Photographic Services

Die eerstes het in 2014 tweede geëindig en het in 2015 en 2016 in die uitspeelrondes uitgeval. Tydens vanjaar se Mpumalanga-uitspele het NHS 28 doele aangeteken waarvan Marné ‘n 60%-aandeel gehad het. Sy het sedert die begin van die jaar 38 van die span se 75 doele op haar kerfstok.

“Ek het dit voorheen gesê, en sal dit weer sê: Marné het die potensiaal om eendag vir die Proteas gekies te word. Sy is ‘n spanspeler en skep die nodige spasie vir haar spanmaats,” het Uys gesê.

Photo: Hennie Homann/Africa Photographic Services

Wat die oorwinning nog soeter maak, is dat Blom in 1985 deel van NHS se eerstes was wat ook teen Middelburg in die eindstryd van die Oos-Transvaalkampioenskappe te staan gekom het.

NHS se tweedes het in die halfeindstryd met 3-0 met HTS Witbank afgereken. Hulle deel die trofee met Ermelo nadat die telling 1-elk was. Die o/14’s het hulle plek in die eindstryd bespreek nadat hulle Volksrust met 2-0 ore aangesit het.

Photo: Hennie Homann/Africa Photographic Services

Hulle is ook Mpumalanga se nuutgekroonde kampioene nadat hulle HTS Witbank oortuigend met 4-0 geklop het. NHS se o/15’s het tweede in die liga geëindig nadat hulle die knie teen HTS Witbank met 0-1 moes buig. Die o/16’s het ook tweede geëindig nadat hulle in die eindstryd teen Ermelo met 0-3 vasgeval het.

Photo: Hennie Homann/Africa Photographic Services

Uitspele
NHS 2 vs. Secunda 1
NHS 8 vs. Penryn 1
NHS 8 vs. Piet Retief 1
NHS 5 vs. Ermelo 3

Halfeindstryd
NHS 3 vs. HTS Witbank 2

Eindstryd NHS 2 vs. Middelburg 1.

Photo: Hennie Homann/Africa Photographic Services

  AUTHOR
Carli Koch
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
So naby, maar tog so ver