Innibos sê van harte dankie vir nog ‘n jaar

Goed, beter, Innibos is nou iets van die verlede – en dit was inderdaad fees in die oortreffende trap! Die bestuurspan en komitee is moeg, maar tevrede.

Baie dankie aan elke verskaffer, borg, werker, uitstaller, kunstenaar, skrywer en musikant. Julle het die wiele laat draai en gehelp dat ons ‘n ongelooflike fees op die planke kon bring! Ons salueer elkeen van julle.

Aan die publiek, en veral ons Laeveldse mense: Baie dankie dat julle die fees ondersteun het. Dankie dat julle verdraagsaam was teenoor die duisende besoekers wat hiernatoe gestroom het.

Ons weet van die verkeer en parkering en geraas. Ons het dit so goed moontlik probeer bestuur. Die fees is goed vir die Laeveld, maar ons wil dit darem ook nie ‘n onaangename ervaring vir ons tuisdorp se inwoners maak nie!

Ons waardeer elke persoon wat ‘n kaartjie gekoop het om ‘n toneel of musiekproduksie by te woon, en natuurlik die feesterrein. Sonder feesgangers het Innibos nie bestaansreg nie. Ons het alreeds planne om volgende jaar se fees lekkerder te maak.

Onthou die feesdatums vir volgende jaar is 27 tot 30 Junie 2018. Slyp solank julle feestande!

Groete uit die bos.

  AUTHOR
Lowvelder

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Reader’s Letter: Family heirloom looking for owner