Fees word tot eer van God afgesluit

Dié konsert op die Standard Bank-verhoog het wel gesorg vir ‘n opskop soos min met onder andere die Manne wat Glo, Burgerd Botha, Louis Brittz en Vicky Sampson wat die week se feestelikhede tot eer van God afgesluit het.

Geestelike motiveringsprekers soos Lindi Strydom en Zane Meas (albei voormalige akteurs) het die aand by die gospel-sangers op die verhoog aangesluit om ook hulle boodskappe te deel.

Zane is die stigter van The Fatherhood Foundation wat poog om gesinne te verander, een man op ‘n keer.

Etienne Smit

Burgerd se nuwe lied wat hy vir Adam geskryf het, het feesgangers bewoë gelaat. “Ons vra te veel en doen te min” is ‘n frase uit die lied wat weer ‘n oproep is tot die prioritisering van familie, verhoudings en omgee vir mekaar.

Jan de Wet

“Adam se situasie het my weer opnuut my lewe laat heroorweeg,” vertel Burgerd, wat nou meer as ‘n jaar met sy nuwe solo-album besig is.

Leon Ferreira

“Na al die wroeg met God verstaan ek nou hoekom my album nog nie vrygestel is nie. Ek sien hoe Hy sy hand oor my lewe hou en ek is nou dankbaar – waar ek verlede jaar hartseer en gefrustreerd was. Ons kan partykeer kla, nie net met ‘n brood nie, maar met ‘n bakkery onder die arm.”

Lindi Strydom

Louis het almal op hulle voete gehad met sy lofprysingslied, “In die Hemel is die Heer”. Hy was agt jaar laas by Innibos en het gesê hy is bevoorreg om weer hier te kon bedien. Hy is betrokke by Kerk Sonder Mure in Centurion en beheer verskeie bedieninge, nie net in Suid-Afrika nie, maar selfs in Amerika.

Lindi Strydom

Die aand is afgesluit met almal wat “Jerusalem”, gelei deur die Manne wat Glo-groep, saamgesing het. Willie Joubert het die gehoor hoendervleis gegee met die hoë note waarop hy dit afgesluit het. Feesgangers het dit as ‘n aangename belewenis beskryf wat hulle graag weer sal wil bywoon.

Vicky Sampson

Sommige sou graag die geleentheid in die oggend wou hê, terwyl ander dit weer waardeer het dat dit in die aand gehou is.

Willie Joubert

“Innibos, julle het hierdie jaar gekook!” is vele kere gehoor. Dit is duidelik dat die fees homself elke jaar oortref.

Zane Meas

Fotos: Odette Hartzenberg
  AUTHOR
Hardus Hartzenberg

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Lewe en dood herleef in donker drama