Leser se brief: Plattelandse pryse alles behalwe laag

Ek het onlangs na die Laeveld toe verhuis van Pretoria Noord af. Ek het nogal gedink dat dinge goedkoper sou wees op die platteland. Tot my verbasing was ek verkeerd. In die eerste plek is kruideniersware hier rond peperduur.

‘n Kettingwinkel-melktert het my vantevore R20 gekos. Ek moes sowaar een Sondag R40 opdok – kan jy dit glo?
My verontwaardiging het ‘n piek bereik toe ek so ‘n maand gelede gesond-heidsprobleme opdoen.

‘n Besoek aan ‘n huisdokter het meer as R400 gekos. Dit was glo duurder as gewoonlik, omdat ek oor ‘n naweek siek was. Ek is na ‘n spesialis toe verwys en het amper op my rug geval toe sy rekening van oor die R1 500 by my aankom.

Die ontvangsdame het so ewe gesê: “Toemaar, opvolgbesoeke kos net R1 200.” Wat jy waar kry?! Dis egter nie net dokters wat so duur is nie. Ek moes al buitengewoon baie opdok vir ander professionele dienste ook.

Is daar nie ‘n liggaam wat hierdie tipe goed reguleer nie? As jy my vra, word Nelspruiters uitgebuit.

  AUTHOR
Lowvelder

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Leser se brief: Mense se rekenings skiet nou die hoogte in