Toerspan se liefde vir atletiek spruit voort

Die toerspan het aan drie byeenkomse in onderskeidelik Parys, Munich en Montbrison deelgeneem.

Hulle het ook twee Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) Diamantliga-byeenkomste as toeskouers bygewoon.

Vooraanstaande afrigters van die Laeveld, Stefan van der Merwe, (naellope en middelafstande), DP Badenhorst (worpe), Rina van Heerden (hekkies) en Marius van Zyl (spronge) het die atlete vergesel.

Plaaslike atlete wat deel van die span was, is Corlia van der Merwe van Barberton, Sumari van Staden, Brandon Payne en Braam van der Merwe (Bergvlam), Adam Leslie (Penryn), Jessica Berry, Devon Nel, Josua Maas, Stefan Smit en Christine Kruger (Nelspruit), Christopher Thompson, Katlego Machete, Markus Klopper, Thapelo Nkuna, Mandi Botha, Ashaan Sebastian Greaver, Tara Haycock en Junior Mondlane (Rob Ferreira), Christiaan Kruger en Diaan Lombard (Lydenburg).

Die atlete kon ook by die tweede IAAF Diamantliga-byeenkoms in Lausanne, Switserland van Suid-Afrika se helde, LJ van Zyl, Akani Simbine, Sunette Viljoen en Wayde van Niekerk in aksie sien.

Atlete het spykerskoene, frokkies en die nasionale vlag teruggebring huis toe met die sterre se handtekeninge daarop. President van die Franse Atletiekfederasie, Sebastian Coe het ‘n trofee aan die atlete oorhandig om hulle welkom te heet waar hy ook hulle eerste byeenkoms in Parys bygewoon het.

“Die toer was ‘n belewenis. Die besoek aan Disneyland in Parys het die kind in ons almal wakker gemaak. Die leerders is gemotiveer om die nuwe atletiekjaar aan te pak. Ons hoop dat hierdie toer julle aanspoor om julle atletiekloopbaan na nuwe hoogtes te neem. Mag die ervaring tot in lengte van dae julle bybly,” het Van der Merwe gesê.

  AUTHOR
Carli Koch
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Top dogs get their hands dirty for Mandela Day