NHS se o/14’s val in kwarteind vas

Eunice Lubbe.

Die eindtelling was 2-0 in PHS se guns.

Pietersburg se Louise du Preez het in die sewende minuut, na ‘n korthoekie, die eerste doel deur NHS se verdediging gemoker.

NHS het kort daarna ‘n geleentheid gehad om die telling 1-elk te maak, maar die bal was van die voete af gespeel.

Karlien Lombard.

Die besoekers was in die laaste 10 minute op die aanval en het in NHS se sirkel geboer. Kort voor rustyd, was daar nog vyf korthoekies aan hulle toegeken, maar NHS het goed gedoen om die bal uit die doelhok te hou.

Aibigail de Jager van PHS het in die 27ste minuut nóg ‘n doel aangeteken om die telling na 2-0 te rek.

Kaptein van NHS, Naomi van der Nest het ‘n kans gehad om die eerste doel vir haar span in te slaan, maar die bal was bo die verdedigers se skouers.

Weer was daar ‘n korthoekie aan NHS toegeken, maar die keer was dit teen een van hul eie spelers se voete vas. NHS se laaste kans was in die 46ste minuut van spel, maar is weer vir ‘n bal bo die skouers gestraf.

Veral Nicolize Aucamp en Wilmie Basson was goud werd vir NHS, op die voorvoet en verdediging. Die dogters het algeheel sesde geëindig.

  AUTHOR
Carli Koch
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
NHS na drie jaar weer in eindstryd