Pen in my Hand met Izak du Plessis

MBOMBELA – Daar is nog ‘n paar sitplekke beskikbaar by A Bica Koffiewinkel vir Donderdagaand wanneer die gewilde radiojoernalis en skrywer, Izak du Plessis oor sy boek, Boereverneukers, Afrikaanse swendelaars, swierbolle en swerkaters kom gesels.

Vir meer oor Izak en sy boek: Bekende stem wys swerkaters uit

Dit beloof om ‘n heerlik gesellige aand te wees, maar Laevelders sal moet wikkel as hulle nog plek wil bespreek.

Kom lag, kuier en gesels saam met Izak en die joernaliste van Laevelder.

Hulle gaan almal ook daar wees om hul mede-nuuushond uit Gauteng te ontmoet.

Kaartjies kos R50 per person en sluit ‘n heerlike bord tuisgemaakte bobotie, geelrys, pampoenkoekies en slaai in.

Waar: A Bica Koffiewinkel, Belladonnasentrum
Wanneer: Donderdag 14 September om 18:00
Bespreek by: 073-329-9238

RSG joernalis, Izak du Plessis. Foto: RSG

  AUTHOR
Hancu Louw
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
SA span vir Londen word binnekort bekendgemaak