Aanval beroof paartjie van hulle wittebrood

Gavin en Nadine Wingrave op hulle troudag.

MBOMBELA – Gavin Wingrave, die 51-jarige man wat verlede Maandag by sy huis in die Heidelvallei deur aanvallers met ‘n yster bygedam is, het Sondag vir die eerste maal sy vrou Nadine in die oë gekyk.
“Wat hy sien, en of enige permanente skade tydens die aanval opgedoen is, is egter nog onbekend,” het sy aan Laevelder vertel.
Dokters is tans besig om hom geleidelik uit sy induksiekoma wakker te maak. “Ek het hom verlede week gesoen, en ek kon duidelik voel hoe hy my terugsoen. Hy toon uitstekende veggees en ek kan daagliks ‘n verbetering sien,” sê sy.
Wingrave het verskeie skedelfrakture opgedoen tydens die aanval wat omstreeks 20:00 plaasgevind het toe hy by die huis gekom het.

Wingrave kritiek na ‘n tweede aanval
Hy het Woensdagaand weens erge swelling op die brein, byna in ‘n koma verval maar danksy ‘n ventilator, is dit verhoed.

Gavin Wingrave awakens from coma after farm attack 
Gavin is skaars ‘n maand nadat hy ‘n man na bewering uit selfverdediging doodgesteek het, aangeval.
“Ek kan nie veel van die aanval onthou nie, maar ek weet dat Gavin oorval is toe hy my probeer beskerm het,” sê Nadine. “Ek onthou die uitdrukking in die aanvaller se oë wat my agterna gesit het toe ek die huis inhardloop. Hy was daar om my erge leed aan te doen.”
“Met Gavin wat boonop ‘n week in aanhouding moes deurbring, voel dit of niks wil regloop nie. Maar, elke greintjie positiwiteit, gee my weer opnuut hoop om elke dag aan te pak,” sê sy.

Gavin Wingrave shares his traumatic prison ordeal

 Ek is tans op stuuroutomaat. Ek kry nog daagliks terugflitse, en soms dink ek ek sien die aanvaller wat my daardie aand in die oë gekyk het, dan voel ek benoud. Maar, ek kan myself nie toelaat nie – ek moet daar wees vir my man.
“Ek moet sy besigheid aan die gang hou al is die hoe moeilik om sy skoene vol te staan,” sê sy.

“Ek is ‘n gelowige mens, en in tye soos dié bevraagteken ‘n mens baie goed. Maar, elke verbetering gee my weer hoop.”
Die aanval het ‘n dag voor die Wingraves op hulle wittebrood sou vertek, plaasgevind.
“Die Kaap was net wat ons nodig gehad het. Ons tasse was reeds gepak en ons was gereed om ons batterye te gaan herlaai, maar die aanval het dié planne heeltemal in die wiele gery.”
Indien die swelling nie gou sak nie, sal hy ‘n operasie moet ondergaan om dit te verlig.
“Ons kon nie vir beter versorging vra nie. Die hospitaal dra vir Gavin op die hande, en die diens is uiters professioneel,” sê sy.

  AUTHOR
Stefan de Villiers
Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Man hospitalised after being stabbed 17 times