NHS se hokkiespelers op pad na Europa

Die toergroep op pad na Europa.

Christelle van Wyk en Gys van Schalkwyk van ECHS het verlede week ‘n kliniek by NHS se AstroTurf as fondsinsamelingsprojek aangebied. ‘n Totaal van R13 100 is ingesamel.

Van Schalkwyk is sedert 2014 as hoofafrigter by ECHS aangestel. Hy het vanjaar vir Sentraal Universiteit van Tegnologie se manshokkiespan gespeel en het ook tussen 2015 en 2017 Vrystaat verteenwoordig.

“Die sewe seuns wat gekies is vir die toer, wys groot potensiaal. NHS het fasiliteite en afrigters van topgehalte,” het Van Schalkwyk gesê.

Die seuns is tydens die ECHS-hokkieweek wat in Bloemfontein gehou is, tot dié skool se toerspan verkies. NHS het verlede jaar ook spelers gehad wat teen klubs van Amsterdam en Utrecht in aksie was.

‘n Paar van die groentjies het aan Laevelder vertel hoekom hulle die kliniek bygewoon het.

Milan de Beer (10) van Laerskool Laeveld: “Ek speel sedert ek agt jaar oud is hokkie en wil voortdurende my vaardighede opskerp.”

Reece Laufs (12) van Laerskool Laeveld: “Ek speel vir my skool se o/12A-span en ek het ook die finale Mpumalangaspan gehaal. Ek wil in die toekoms graag meer sulke hokkieklinieke bywoon sodat ek volgende seisoen weer my provinsie kan verteenwoordig.”

Elzaan Raath (11) Laerskool Laeveld: “Ek wil eendag professionele hokkie speel en al hoe ek dit gaan regkry is om my vaardighede met die stok en bal te verbeter.”

  AUTHOR
Carli Koch
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Music legend leaves behind epic legacy