Spanning loop hoog, nog net 10 plekke oor vir hierdie maand se Pen in my Hand

Deon Meyer. Foto: verskaf

MBOMBELA – Laeveldse boekwurms en liefhebbers van spanningsverhale word daaraan herinner dat die bekroonde outeur Deon Meyer hierdie maand by die koerant se maandelikse Pen in my Hand-geleentheid oor sy jongste boek, Die Vrou in die Blou Mantel gaan gesels.

Meyer sal op 30 November om 18:00 by A Bica-koffiewinkel met Annemarie van der Walt in gesprek tree oor dié boek wat weer oor ‘n Bennie Griessel-dossier handel.

Lees ook: Du Plessis deel stories oor swierbolle en swerkaters

Laevelders was intussen so ywerig aan die bel om plek vir hierdie aand met Meyer as gas en die heerlike aandete wat daarmee gepaard gaan te bespreek, dat nog net 10 plekke beskikbaar is.

Weens die groot belangstelling is daar egter ook ‘n ontbyt gereël om meer mense te akkommodeer. Dit word Vrydag, 1 Desember om 09:00 ook by A Bica aangebied.

Lees ook: Pen in my Hand: Beleef ‘n boeiende aand met skrywer en verteller

Die koste beloop R50 per persoon, die bord kos ingesluit, en is by die deur betaalbaar.

Tydens Donderdagaand se geleentheid sal ‘n kontantkroeg ook beskikbaar wees.

Besprekings is noodsaaklik. Skakel 073-329-9238.

Lees ook: Pen in my Hand: Bornman shares Lowveld’s history

  AUTHOR
Hancu Louw
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Du Plessis deel stories oor swierbolle en swerkaters