Deon Meyer beloof nuwe vollengte Griessel-dossier

Francois, Debbie en Bernedette Larsen. Foto's: Carli Koch

MBOMBELA – Bennie Griessel-aanhangers kan gerus wees, die volgende vollengteaflewering van Deon Meyer se gewilde speurder se avonture, sal in Oktober verskyn.

Intussen kan lesers Die vrou met die blou mantel geniet. Meyer het dit as geskenkboek vir die Nederlandse spanningsboekweek geskryf.

Deon Meyer.

Hierdie eer val buitelandse skrywers net elke vier jaar te beurt.

Geskenkboeke word as ‘n reël vir ‘n jaar lank net in Nederlands uitgegee, maar die organiseerders het ingestem dat Die vrou met die blou mantel nou al, ook in Afrikaans mag verskyn.

Dié boek dien as tussenverhaal tussen die vorige en volgende Griessel-dossiere, verduidelik die skrywer.

Hy het die boek verlede week in die Laeveld bekend kom stel as deel van Laevelder se Pen in my Hand-inisiatief.

Die belangstelling was so groot dat twee geleenthede by A Bica-koffiewinkel gehou moes word, een Donderdagaand en een Vrydagoggend.

Annemarie van der Walt.

Plaaslike skrywer Annemarie van der Walt het by albei die gesprek met Meyer gelei.

Hy het teruggekyk na sy eerste boeke wat nie baie goed ontvang is nie.

“‘n Eerste boek is soos ‘n broer in die tronk, jy kan dit nie ontken nie, maar jy wil nie daaroor praat nie,” het hy geskerts.

Eers toe Feniks ‘n groot Franse prys gewen het, het resensente begin dink hy is oukei. Toe Orion in ‘n televisiereeks omskep is, het alles verander.

Hy waag deesdae sy hand ook aan werk vir die verhoog. Hy en sy ou vriend Coenie de Villiers toer met Karoo Suite.

Christa en Jurie van Rensburg.

Pippa Francis en Neil Orton.

Hilda Pieterse, Ben Wolmarans en Susan Redelinghuys.

Heleen Boshoff saam met Ester en Chris Engelbrecht.

Ansie Kotzé, Casandra Jacobs en Riette Kruger-Gower.

Meyer vertel hy was eers skepties oor lirieke skryf. “Dit neem jou uit jou gemaksone,” sê hy, en voeg by, “As ‘n skrywer, is iemand wat iets geniet wat jy geskryf het, baie ver. Op die verhoog is die reaksie onmiddellik.

“Dit is verslawend. Ek dink ek gaan ophou skryf.”

Gelukkig vir sy aanhangers is dít nie waar nie en kan ons nog na vele Meyer-boeke in die toekoms uitsien.

Lees ook: Pen in my Hand: Bornman shares Lowveld’s history

Born-and-bred local journo sheds light on Mpumalanga politics

  AUTHOR
Mireille de Villiers
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Spanning loop hoog, nog net 10 plekke oor vir hierdie maand se Pen in my Hand