Malaria risiko steeds hoog weens hitte en humiditeit

MBOMBELA – Die plaaslike vrou wat verlede jaar malaria opgedoen en by die dood omgedraai het sonder dat sy ‘n oordragarea besoek het, is nou stewig op die herstelpad. Sien oorspronklike storie hier.

Daar is in Oktober vermoed dat sy ernstige nier- en breinskade opgedoen het nadat sy in ‘n koma was, maar intussen het dié vrese geblyk ongegrond te wees.

Volgens ‘n familielid, wat destyds gesê het dat sy by haar bewussyn was maar nie gereageer het nie, kon sy wel kort na sy heeltemal uit die koma ontwaak het, nie praat of loop nie. Met haar geheue het egter niks geskort nie en kon sy alles onthou wat met haar gebeur het voordat sy in die koma verval het.

Intussen het haar spraak goed herstel en funksioneer haar niere ook reg, maar sy kan nog nie op haar eie loop nie. Sy benodig nog ondersteuning of ‘n loopraam.

Die groot getal voorvalle wat vroeg in die tradisionele malariaseisoen aangemeld was, het tot vele waarskuwings aan besoekers gelei. Mediclinic Nelspruit het 37 bevestigde gevalle van malaria in September verklaar en 29 gevalle in Oktober behandel. ‘n Paar verdagte gevalle was ook opgeneem, maar het geblyk nie malaria te wees nie. Volgens Liza Pillay, ‘n woordvoerder van die hospitaal, is 22 gevalle oor die feesseisoen behandel.

Die provinsiale Department van Gesondheid sê altesame 896 malariagevalle is gedurende Desember 2017 aangemeld. Die meeste hiervan (499) het in die Bosbokrand-gebied voorgekom, met 219 in Nkomazi en 152 in Mbombela. Umjindi het ses gevalle aangemeld, Thaba Chewu 15 en nog vyf gevalle is uit die Nkangala Distrik as “ingevoerde” gevalle geraporteer. Vroeër in die seisoen is ook heelwat  gevalle aangemeld.

LUR Gillion Mashego het mense ook weer gewaarsku dat ‘n verhoogde risiko vir malariaoordrag gewoonlik tussen Januarie en Maart bestaan.

Die Ehlanzeni Distrik, veral Bosbokrand, Nkomazi en Mbombela ervaar juis tans meer gevalle weens die bewegingspatrone van mense na vakansies in endemiese gebiede, asook hoër reënval. Die hoë humiditeit en nat toestande bevorder die uitbroei van muskietlarwes.

Mashego moedig terugkerende vakansiegangers aan om bedag op moontlike simptome te wees en betyds mediese hulp te soek.

  AUTHOR
Mariana Balt
Environmental Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Woman evades scam,warns others to be vigilant

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: