Gebrande wrak in Enos Mabuza: Wat was die storie?

Dave Walters by die wrak wat intussen verwyder is.

MBOMBELA – Daar is lanklaas so oor ‘n ding gegons.

‘n Uitgebrande wrak het sedert 16 Desember die aandag van menige inwoner getrek. Die wrak was tot onlangs langs Enos Mabuzarylaan te sien. Dit het Laevelders gefassineer. Verskeie vrae is gevra.

“Hoekom sou iemand die wrak net daar los?”

“Wie is die eienaar?”

“Dink jy daar’s ‘n lyk in die kattebak?” “Dink jy die eienaar is vermis?”

Terwyl leuenstoelspeurders met Agatha Christie teorieë vorendag gekom het, het ‘n groep doeners besluit om dinge te verfraai.

  • Die wrakverfraaiing  

Dave Walters het ‘n potplant daar gaan neersit en ander genooi om dieselfde te doen.

Dave neem ‘n selfie by die kontroversiële wrak.

Facebook gebruikers het gewonder of die seer oog met moeite mooi sou lyk, byna soos hierdie wrak vol blomme wat op Pinterest gedeel is.

Thea Rix het ook ‘n potplant daar neergesit, maar beide haar en Dave se bydraes is oor die naweek gesteel. Die stad het klaarblyklik ‘n dief met lang, groen vingers.

Die plantdief sou weer toeslaan nadat die span van Seeff Eiendomme Nelspruit Dinsdag hulle deel gedoen het om die wrak te verfraai.

“Ons hoop van harte dat hulle sal floreer in iemand anders se tuin,” het ‘n verteenwoordiger tong-in-die-kies in Engels op Facebook opgemerk.

Die verfraiingspoging is daarmee heen nadat die munisipaliteit die wrak Dinsdag verwyder het, maar talle vrae hang steeds in die lug.

  • Wie is die wrak se eienaar?

Laevelder het die wrak van nader gaan bekyk om vas te stel aan wie dit behoort.

Daar was – in teenstelling met wat die skindertonge beweer het – geen lyk in die kattebak nie. ‘n Betaalstrokie was al aanduiding van wie die kar se eienaar kon wees.

Dit was ‘n interessante fonds.

‘Hulle’ sê mos ‘n arm man moet nooit sy betaalstrokie in sy kar bêre nie. Wanneer die arme in ‘n ongeluk beland, sal mense aanneem dat sy salaris hom tot selfdood gedryf het. Te oordeel aan die allemintige bedrag op die strokie het die houer daarvan nie met sulke dinge gesukkel nie.

Die salaris van ‘n luitenant-kolonel in diens van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag was nie die enigste ding wat ‘n mens uit die strokie kon wys word nie. Daar was ‘n naam op. “O! Ja, ek ken hom,” het sy kollega by navraag gesê.

Joernalis aan man se kollega:

“Weet hy dat sy kar deur vlamme verswelg is?”

“Weet hy dat dit soos ‘n lelike wit olifant langs die pad staan?”

“Hy’s op verlof en ons kry hom nie in die hande nie,” het sy geantwoord.

  • Is die kar gesteel voordat dit uitgebrand het? Is die eienaar skoonveld?

Laevelder kon die man van rang nie in die hande kry vir kommentaar nie. Die polisie kon nie bevestig of die kar op sy naam geregistreer is nie. ‘n Teorie dat die kar ten tye van die voorval gesteel kon gewees het, is met ‘n polisiebron opgeneem. Hy kon nie bevestig of dit as gesteel aangemeld is nie, omdat die geregsdienaars se elektroniese sisteem nie aanlyn was nie.

  • Hoe het die kar aan die brand geslaan?

Ooggetuies het vertel dat hulle op 16 Desember twee mans by die brandende voertuig opgemerk het. Hulle pogings om die kar met batterykabels aan die loop te kry, het glo gefaal. Die kar het aan die brand geslaan. Die twee het glo ‘n paar besittings uit die wrak verwyder en die hasepad gekies.

  • Waarom is dit ‘n maand na die voorval eers weggesleep?

Die wrak is Dinsdag, glo op bevel van die munisipaliteit, verwyder.

“Wie betaal daarvoor?” en “gaan die kostes van die eienaar verhaal word?” is twee vrae wat aan woordvoerder, David Shabangu gestel is.

Hy is ook gevra waarom die munisipaliteit drie weke gewag het om iets aan die situasie te doen. Het dit sowaar ‘n gemeenskapsprojek en ‘n plantdiefdrama gevat om die munisipaliteit se aandag daarop te vestig? Shabangu het nie teen druktyd op die navrae gereageer nie.

Of die weermagman wel die kar besit, bly ‘n ope vraag.

  • Wie is die plantedief?

Dit wonder ons ook…

Also read: Questions arise after Van Wijk Street shooting

You might also be interested in: Two men that were arrested for Sabie robbery

  AUTHOR
Helene Eloff
Legal Adviser & Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
BREAKING: Suspect wearing police vest shot dead at CIT heist

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: