Jagter van die jaar deel sy kennis

Stephan Potgieter. Foto: verskaf

“Ek kom uit ‘n jagfamilie. My liefde vir die natuur en bewaring is gekweek in die bosveld waar ‘n spoglandgoed vandag staan.”

So sê 2017 se SA Sport en Jagfederasie se jagter van die jaar, Stephan Potgieter.

Volgens Potgieter, ‘n kranige sportman en buitelugentoesias, gaan jag eintlik oor baie meer as net ‘n sneller trek.

“Na my mening is daar twee tipes mense wat die bos met ‘n wapen invaar: jagters en skieters,” sê hy oor sy ervarings as professionele jagter.

Lees ook: Al hoe meer jagters betree deesdae voëljag

Karen, Zané, Ivan (wat self ook in 2017 nasionale kleure in Baan en jag verower het) en Stephan Potgieter.

“Skieters is net daar om dood te maak en wil dit op die maklikste manier doen. Jagters spandeer tyd en maak gebruik van al hulle sintuie om die dier wat dalk op die einde van die dag geskiet word, op ‘n etiese manier van kant te maak. Dié manier van jag getuig van ‘n sensitiwiteit en verstaan van hoe die natuur werk en alles in mekaar pas. Dit maak ‘n jagter.”

Vir Potgieter is daar min dinge so sielsverrykend en helend soos om vir ‘n paar dae in die bos te voet deur te bring.

“Jag is ‘n ervaring wat oor baie meer gaan as net die trek van ‘n sneller en ‘n lekker vleisie of trofee. In my opinie gaan dit oor bewaring en die bestuur van ons unieke natuurlike hulpbronne,” sê hy.

“Na die skoot afgaan en die dier die grond tref, is dit altyd vir my ‘n antiklimaks want dan is die jag verby en die oomblik ook,” sê hy oor sy ervaring van meer as 30 jaar.

Vir hom is jag ook glad nie ‘n eksklusiewe mansport nie en liewer iets waarby elke lid van die gesin aanklank
kan vind.

Lees ook: SA Jagters is slaggereed om die sneller te trek

“Jag is vir die hele gesin, want dit laat elke lid toe om tyd in die natuur deur te bring, die skepping beter te leer ken en so ‘n liefde daarvoor te ontwikkel,” sê hy wat self saam met sy hele gesin gereeld die jagveld inslaan.

Hoewel hy as die topjagter en -baanskud vir 2017 aangewys is, bly Potgieter beskeie oor sy prestasies en verkies hy om op die harde werk en dissipline wat dit verg, te konsentreer.

“Met kompetisietyd is dit net jy en jou vernuf, kennis en fiskheid. Daar is nie geluk daaraan verbond nie,” sê hy en voeg by dat na sy mening die Suid-Afrikaanse jaggemeenskap ‘n swaar tog ongesiene hand in bewaring het.

“Om selektief te jag en die dier in sy volle potensiaal te kan sien voor dat jy hom van kant maak, is voorwaar ‘n voorreg en dit is wat ek wil probeer nalaat.”

Met hierdie doel in gedagte, fokus Potgieter met die bystand van die Suid-Afrikaanse Sport en Jag Federasie daarop om meer jongmense by jagaktiwiteite betrokke te kry.

“Ek werk met onervare jagters, sosiale jagters en enige mense wat belangstel, om hulle die vaardighede te gee om op die korrekte, etiese manier te jag en die jagveld te benut en geniet,” sê hy oor sy fokus vir dié jaar.

Lees ook: Kankervegter stap pad saam met ander

Hoewel hy meer van sy tyd aan opleiding en bewusmaking wil bestee, is Potgieter nog nie gereed om sy titel as jagter en baanskud van die jaar prys te gee nie.

In April sal hy saam met die bestes van regoor die land in Phillipolis in die Vrystaat byeenkom vir die nasionale jagbyeenkoms waartydens hy beoog om sy titel te verdedig.

“Jag bring rustigheid vir jou siel en sit jou in aanraking met die natuur op maniere wat baie mense nooit ervaar nie. Dit is hoekom ek dit doen en sal aanhou om die sport te bemark.”

Etiese jagbeginsels volgens Stephan Potgieter:

‘n Etiese jagster is ‘n persoon wat verantwoordelik en respekvol jag en as ‘n noodsaaklike deel van jag, bewaring van wilde diere en die natuur toepas.

  AUTHOR
Hancu Louw
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Accused in Nel murder case appears for bail

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: