Verskillend, maar tog ewe gedrewe

Anje en Henrike Nel.

Sussies, Henrike (20) en Anje Nel (14) verskil soos dag en nag.

Henrike is in 2016 as Hoërskool Nelspruit se senior dogter-kultuurpersoonlikheid van die jaar aangewys terwyl Anje die atletiek-kringe aan die gons gehad het nadat sy ‘n 1988-rekord van 1,65 m na ‘n hoogte van 1,66 m by die 2018-interhoër verbeter het.

Dié voormalige leerders van Laerskool Nelspruit is destyds onderskeidelik as dié skool se onderhoofdogter: kultuur en onderhoofdogter: sport, aangewys.

Henrike het as kleuter Bratz-poppe versamel en al waarin Anje belanggestel het, was haar pers fiets.

“Anje was my model. Ek wou altyd met haar hare speel en vir haar klere ontwerp, maar sy wou niks daarvan weet nie. Al het ons nie dieselfde belangstellings nie, is ons beste maats. Anje sal my raad vra oor make-up terwyl ek haar opinie sal vra as ek die dag drafskoene moet koop,” giggel Henrike.

Henrike, ‘n tweedejaarstudent in BSc. rekenaarwetenskappe by Maties het in haar matriekjaar een van die hoofrolle van NHS se ATKV-tiernertoeneel vertolk en tussen graad 10 en 12 die hoofkarakters van die Skiwi-konsert onder oë gehad.

In 2014 het Actors, Models en Talent for Christ vir haar ‘n studiebeurs by New York Conservatory for Dramatic Arts, Amerika aangebied. Dit was haar droom om ‘n aktrise te word, maar gou het sy besef dat sy hoër aspirasies as dit het.

“Dit was ‘n moeilike besluit gewees om te maak, maar die ontwerp van mediese programme fasineer my. Ek wil my honneurs in Amerika by die Massachusetts Instituut van Tegnologie óf Stanford Universiteit voltooi.”

Anje het as nege-jarige met dramaklasse by die bekende Frances van Niekerk begin. Sy het van graad een tot drie drama beoefen en selfs in die eisteddfod deelgeneem, maar na ‘n oefensessie saam met boetie Paul op die sportveld, was drama iets van die verlede.

Tot en met die einde van verlede jaar se seisoen, het Anje onder die wakende oog van Carel van Wyk geoefen.

“Met ons laaste oefening, het Carel vir my ‘n briefie gegee waarin hy geskryf het dat hy nog my heel eerste oefening so goed soos gister kan onthou. Ek het my enkel geswik maar na twee dae was ek terug.”

Anje het nog elke jaar vandat sy 10 jaar oud is, na die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskappe deurgedring.

Haar oom, Wimpie Nel is ‘n voormalige Springbokatleet wat sy kennis by ‘n atleet soos Usain Bolt opgeskerp het.

“Sport is in ons bloed. Oom Wimpie glo dat ek eendag aan ‘n Olimpiese Spele kan deelneem. Ek hoop om ‘n sportbeurs by die Suid-Metodistiese Universiteit in Dallas, Texas na skool los te slaan.”

 

So het Anje tydens die SA Skolekampioenskappe gevaar
2014
• 70 m-hekkies – goud
2015
• 75 m-hekkies – vyfde
• Hoogspring – goud
2016
• 150 m-hekkies – goud
• 75 m-hekkies – silwer
• Hoogspring – vierde
2017
• Hoogspring – tweede.

  AUTHOR
Carli Koch
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Hope for unwanted babies

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: