Hierdie drie Robbies is op pad na Brisley, Engeland

Zanté Bensch, Theo Loock en Lee Buys.

“Mense besef nie hoeveel ure se harde werk dit verg om ‘n bobaasskut te word nie, dit is nie net vir aanlê en sneller trek nie,” sê skietafrigter, Cornelia Roodt oor drie Robbies wat onlangs opgeneem is in ‘n nasionale junior skietspan.

“Ek sien daarna uit om oorsee te gaan deelneem, want dit gee vir my die geleentheid om myself en my vermoë teen die bestes te meet,” het Zanté wat in 2017 ook aan die Junior Internasionale Skiet-kampioen-skappe deelgeneem het, gesê.

Also read: VIDEO: CIT robbers hit Fidelity offices in Mbombela

Volgens Roodt, wat tweeweekliks saam met hulle ure lank op die skietbaan spandeer, staan al drie die kans om vanjaar met medaljes terug te keer.

“Die kompetisie is baie straf, veral in die .22-kategorie, want in Suid-Afrika volg ons ‘n ander formaat as in Europa, maar die drie werk baie hard om te verseker dat hulle gereed is vir die aanpassings,” het Roodt gesê oor die uitdagings wat vir die drie wag.

In Suid-Afrika is skietsport relatief duur, en tans het twee van die drie jong skutte nie hul eie gelisensieerde .22-gewere nie, met die koste van so ‘n gespesialiseerde wapen wat tot R100 000 beloop.

“Omdat ons nie toegang het tot al die gespesialiseerde toerusting van die Europeers nie, verg dit ekstra harde werk om te verseker dat ons plaaslike skutte volledig voorbereid is,” het Roodt gesê en bygevoeg dat sy baie trots is op die drie se harde werk en toewyding.

Also read: Two armed robberies occurred yesterday

Lee Buys, Theo Loock en Zanté Bensch.

Volgens Theo, wat vanjaar vir die eerste keer internasionaal gaan deelneem, was skietsport al van jongs af deel van sy lewe en is daar geen ander sportsoort wat hy eerder sou wou beoefen nie. “My gesin het altyd geskiet en ek het om wapens grootgeword, so vir my het dit amper natuurlik gekom,” het Theo oor sy liefde vir die sport gesê.

“Ek dink die rede hoekom ek skiet as sport gekies het, is omdat dit vir my regtig lekker is om op my eie mee te ding. Jy skiet dalk in ‘n groep, maar dit gaan oor jou eie telling en dus is die persoonlike uitdaging wat dit aan my stel vir my baie lonend,” het Lee wat ook in 2017 in Engeland deelgeneem het, gesê.

Volgens Roodt verg skietsport ongeloof-like konsentrasie op die baan, iets wat nie almal kan bemeester nie. “Om vir ‘n uur lank op 50 meter te skiet, moet jy ononderbroke op jou teiken fokus, ongeag van wat om jou aangaan. Vir baie jong atlete is dit doodeenvoudig nie moontlik nie,” verduidelik sy.

Also read: Trucker narrowly succeeds in overtaking line of vehicles

“Daar is nog ‘n hele paar maande se harde werk en voorbereiding wat voorlê, maar as ons die drie se uitslae vergelyk met die wentellings wat by die 2017-kampioenskappe aangeteken is, staan hulle almal ‘n goeie kans om met medaljes terug te keer,” het Roodt gesê.

  AUTHOR
Hancu Louw
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
ATKV en Innibos bied oase vir boekliefhebbers

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: