Antoiné op pad na herstel

Antoiné Dingle.

MBOMBELA – Na drie jaar van ondersoeke en kopkrap, het dokters Antoiné Dingle (3) onlangs uiteindelik gediagnoseer met sentrale-apnee hipopneesindroom.

Dié diagnose het die Dingle-gesin wat in Witrivier woon, in staat gestel om vir hul dogtertjie behandeling te kry.

Antoiné sou na verwagting Vrydag ‘n operasie ondergaan om ‘n alternatiewe manier van asemhaling te bewerkstellig.

Sy was slegs 13 dae oud toe sy vir die eerste keer sonder verklaring ophou asemhaal het.

Lees ook: Working on Fire ensures their readiness for this year’s fire season

“Sy kry apnee wat beteken dat sy ophou asemhaal, asook hipopnee wat daartoe ly dat sy té stadig asem haal, die gevolg is dat haar organe hipoksies raak weens ‘n gebrek aan suurstof in haar liggaam. As gevolg daarvan het sy derm- en ander ingewandsprobleme ontwikkel,” het Dingle gesê.

Na die voorval in Maart 2015, is Antoiné bykans elke maand gehospilatiseer vir behandeling, en maar ook om te bepaal wat veroorsaak dat sy ophou asemhaal.

“Dit was regtig ‘n moeilike twee jaar gewees, want ons is van spesialis na spesialis verwys en niemand kon vir my sê wat my kind makeer nie,” het Dingle gesê.

Lees ook: ‘A medal would have been special’

Antoiné Dingle.

Daarby funskioneer Antoiné se outonome senuweestelsel ook nie op ‘n normale wyse nie. “Haar immuniteit is baie swak en dus is daar die konstante gevaar dat sy ander infeksies kan opdoen.”

“Volgens die dokters beteken die diagnose dat my dogtertjie se gesondheid ‘n tydbom is wat enige oomblik haar lewe in gevaar kan stel.”

Die trageotomie behels dat ‘n gaatjie in haar lugpyp gemaak word om ‘n alternatiewe manier van asemhaling moontlik te maak.

“Ek verstaan die noodsaaklikheid van die operasie, maar dit is ‘n drastiese stap. Die trageotomie gaan beteken dat sy nie meer normale kind gaan wees nie en altyd anders as haar maaitjies sal wees,” het Dingle gesê.

Lees ook: City fails to draw a line under Crayon Pre-school

Na afloop van die operasie sal Antoiné maandelikse opvolg-ondersoeke moet ondergaan, maar Dingle is positief dat haar dogtertjie ná die operasie op die pad na herstel sal wees.

“Daar is nog baie toetse en ondersoeke wat voorlê, maar dit is goed om te weet dat ons uiteindelik kon vasstel wat haar makeer en hoe om dit aan te spreek.”

Weens die finasiële druk op die Dinglegesin is daar onlangs ‘n rekening geskep waar mense wat wil ondersteun, donasies kan maak. Vir verdere inligting skakel gerus vir Melanie Dingle by 071-240-1005.

  AUTHOR
Hancu Louw
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Antoiné se operasie ‘n sukses

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: