Kom rock dit uit saam met ou snare en roekelose ‘rookies’

MBOMBELA – Dié rockkonserte word ingelui met die kykNET Nou!-Konsert op die Standard Bank-hoofverhoog Donderdag 28 Junie, met Karen Zoid, Francois van Coke, Valiant Swart, The Parlotones, Die Heuwels Fantasties, Jan Bloukaas en Spoegwolf – behoorlike swaargewigte onder die Suid-Afrikaanse rockers.

Francois van Coke, wat terloops die spietkop speel in die Innibos TV-advertensie, is saam met Karen Zoid die rolmodelle waarna Jan Bloukaas opsien en sy droom word waar om saam met hulle op een verhoog op te tree. Jan Bloukaas, oftewel die 19-jarige Kapenaar Jean du Plessis, het wegholsukses behaal met sy rap “Kaas elke dag” – ‘n ware oorwurm as daar nou al een was.

Vrydag 29 Junie is dit Wit Kasteel, Matt Carstens, Bittereinder, Wonderboom en Fokofpolisiekar wat die snare gaan laat huil.

Die Pretoriase groep Wit Kasteel het in Maart vanjaar hulle debuutalbum vrygestel, hoewel hulle al sedert 2012 saam speel. Met ‘n aanslag van ouskool-rock, punk en selfs klassieke ondertone het dié groep ‘n vars klank.

Matt Carstens was verlede jaar die wenner van die Innibos RockRumoer en gaan sedertdien met rasse skrede vooruit, terwyl Bittereinder, Wonderboom en Fokofpolisiekar al jare lank die land se verhoë aan die brand speel.

Saterdag 30 Junie is dit die veteraanrocker Piet Botha saam met Van Pletzen ft. Early B, kitaarfundi Dan Patlansky, Just Jinjer en die immergewilde The Black Cat Bones.

Die satiriese elektroniese duo Van Pletzen het onlangs kragte saamgesnoer met die kletsrymer Early B en die musiekvideo “Die Beats Amazing” bekend gestel. Gaan kyk op YouTube hoe vol dinamiet dié samewerking is.

• Die volledige Innibos-program is by innibos.co.za. Die rockkonserte is gratis (ingesluit by die feesterreintoegang).

  AUTHOR
Lowvelder

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Kom lag saam legende Lizz Meiring by Innibos

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: