OPVOLG: Mienke terug by die huis en vol hoop vir Indië

Foto: Please pray for Mienke Facebook-blad.

Mienke Mulder is tuis na ‘n onlangse besoek aan die hospitaal.

Haar pa, Ryno Mulder, het gister bevestig dat dit wel nie diaree was soos wat hulle aanvanklik vermoed het nie.

“Die dokters vermoed dit was haar melk wat die loop magie veroorsaak het,” het Ryno vertel en bygevoeg dat hulle intussen begin het om van ‘n ander produk gebruik te maak.

Hy het gesê dat sy ook ‘n matige bakteriële infeksie gehad het, “maar dit is niks om oor te bekommer nie.”

Intussen is die gesin besig om geld in te samel om Mienke na Indië te stuur waar sy intensiewe stamselbehandeling sal ontvang.

Lees die volledige storie oor Mienke se vordering in Vrydag se Laevelder.

 

1 OKTOBER:

Op haar sewende dag in die hospitaal het Mienke se ma Verna Mulder, gister op die Facebook-groep, Please Pray for Mienke, laat weet dat dit steeds nie te goed met die kleinding gaan nie.

Mienke is ‘n weke gelede in die hospitaal opgeneem. “Mienke is baie pap en is gedehidreer. Sy het diarree en koors wat nie wil breek nie. Sy kry ook erg stuipe, verstik kort-kort en hou by tye op om asem te haal,” het pa Ryno verlede week geskryf.

Verna het gesê dat Mienke se koors nog dan en wan te hoog gaan en dat alhoewel haar diaree gestop het, werk haar maag steeds nie soos hy moet nie.

“Steeds weet ons nie hoekom hierdie pop so siek is nie, maar ons bid en vertrou dat dit binne ‘n dag of twee sommer baie beter sal gaan met haar en dat sy kan huis toe kom,” het Verna op die blad gesê.

LEES OOK: Baba Mienke terug in die hospitaal

Foto: Facebook.

Laevelder het voorheen berig dat Mienke sewe maande oud was toe sy verlede jaar in Mbombela aan ‘n bottel gestik het. Dit het tot erge breinskade gelei en sy moes sedertdien intensiewe mediese behandeling ontvang.

Verna het ook verduidelik dat Mienke een van die dae moontlik op pad Indië toe is vir stamselbehandeling.

“In Indië gebruik hulle ander tegnologie. Stamselle kom uit beenmurg en dit gaan direk na die brein toe, so kanse is op sukses is net veel groter. Ons het wel ook gehoor van ‘n dokter in Parys wat soorgelyke beenmurg-stamselle doen, maar volgens ons dokter is Indië se tegnologie wat dit behels net soveel meer vooruit,” het Verna verduidelik.

Dit gaan egter R600 000 kos om Mienke oor die water te stuur vir behandeling.

Vir enige bydraes kan die Facebook-blad besoek word.

LEES OOK: Baby Mienke Mulder is one year old

 

  AUTHOR
Arisa Janse van Rensburg
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: