A-Kandidaat – Mercedes se nuwe buksie propvol verrassings

Toentertyd se ontwerp het soos ‘n wig koek gelyk met ’n hoë regaf agterkant wat skerp in ‘n plat neus voor geëindig het, het soos eier in die gesig van Stuttgardt se ringkoppe ontplof toe ‘n joernalis die buksie op ‘n renbaan tydens die mediabekendstelling gerol het. Mercedes het egter die internasionale verleentheid in ‘n geleentheid omskep, deur met etlike baanbrekervernuwings in die verbeterde model na vore te tree.

Verskeie kosmetiese veranderings het oor die jare gevolg totdat die derde generasie in 2012 verskyn het. Weg was die wigvormige-winkeltrollie-oumakarretjie-voorkoms en die nuwe sportief-moderne ontwerp het die grondslag gelê vir die A-Klas se suksesverhaal sedertdien met wêreldwye verkope van bykans ses miljoen eenhede.

Die ferm veerstelsel en effe harde rit het egter kritiek ontlok, maar hantering en voorkoms het die verkope onder ‘n jonger generasie, wie die status van ‘n Duitse luukse handelsnaam voorop stel, laat opvlam.

Met die 2019 model het Mercedes opnuut vernuwing en ‘n moderne ontwerp nagejaag. Die jongste A-Klas ry ook nou met nuwegeslagenjins en is propvol tegnologie gelaai. En ja, die nuweling ry verreweg beter danksy verbeterde en verstelbare vering.

Wat voorkoms betref, vertoon die 2019 A-Klas veel moderner as die uitgaande model. Die ontwerpers se stileringsfilosofie van “sensuele suiwerheid” kan gesien word in die vloeiende lyne en ronder hoeke. Die neus neig steeds skuins grond toe, maar die sierrooster is nou regop geplaas vir ‘n varser eietydse voorkoms.

Die groot drie-puntster in die middle van ‘n nuwe sierroosterontwerp vertoon meer statig, terwyl die nuwe hoofligontwerp wat skrefiesoog na agter swiep, bydra tot die nuweling se visuele trefkrag.

Die sportiewe voorkoms van die nuwe A-Klas word beklemtoon met die voorvenster en daklyn wat skuins na agter val asook die groter uitgeboude wielboë om die tot 19 duim-wiele te kan akkommodeer.

Die resultaat is ‘n segmentleidende sleursyfer van 0,25 wat laer is as dié van ‘n fietsryer en sy fiets!

Stuttgart het dit egter reggekry om die nuweling ook groter (120mm langer, 16mm hoër en 6mm wyer), maar tog 20kg ligter as sy voorganger te maak. Die gevolg is meer been ruimte vir die insittendes asook 29 liter meer pakplek in die bagasieruim. Van agter beskou is die ontwerp myns insiens minder treffend, selfs met die nuwe 2-deel agterligontwerp.

Die verrassing is egter in die kajuit. Mercedes het dit reggekry om ‘n mengsel van weelde, sportiwiteit en ‘n moderne voorkoms te vermeng tot n klasleidende eindproduk wat myns insiens baie kopers sal geval. Veral die knoppiebelaaide stuurwiel wat net so uit die vlagskip S-Klas na die A-Klas oorgedra is, bied baie waarde. Ook die R10 000 opsionele ekstrabreë raakskerm wat, soos by die veel duurder S- en E-Klasmodelle, van die middel van die voorpaneel soomloos strek tot agter die stuurwiel waar dit ook die toereteller spoedmeter en ander instrumentasie inkorporeer.

Maar dit is het einde niet!

Mercedes se nuwe MBUX-multimediastelsel wat standaard in die A-Klas is, kom met n innoverende gebruikersvriendelike, maklik aanpasbare stemaktivering wat die nuweling bo sy mededingers laat uitstyg.

Hierdie stelsel, danksy die hulp en spoed van 4G, laat jou toe om op ‘n natuurlike manier met die rekenaar te praat waarna die opdragte (wel, ek moet erken daar was ‘n probleem toe ek probeer het om die stelsel sover te kry om boeremusiek te speel) onmiddellik uitgevoer word.

Die lugversorging, sondak, tipe musiek, roetes ensovoorts, kan met hierdie stelsel beheer word en hierdie “kunsmatige intelligensie” leer jou stem en uitspraak al beter ken hoe meer jy dit gebruik. Die stelsel bou ook ‘n geheue op van jou voorkeure met musiek, padroetes, telefoonkontakte, en so meer. Verbasend is ook dat die stelsel selfs voorstelle kan maak, byvoorbeeld as jy nie na jou gewone stasie luister nie, sal die stelsel vra of jy nie dalk wil oorskakel na jou gereelde sender nie. Of oor die tipe musiek, of selfs jou gunsteling restaurant of koffiewinkel!

Byvoorbeeld
Ek: “Hey Mercedes!”
Stelsel: “What can I do for you?”
My opdrag: “Open the sunroof?”
Stelsel: En daar skuif die sondak oop.
Ekke: “Hey Mercedes!”
Stelsel: “What can I do for you?”
My opdrag: “ I am getting cold”
Stelsel: Die stelsel het dadelik die temperatuur twee grade warmer gestel.
Ekke: “Hey Mercedes!”
Stelsel: “What can I do for you?”
My opdrag: “Please play some classical music”
Stelsel: Die stelsel het dadelik van radio oorgegaan na klassieke musiek.

Die MBUX-stelsel bied ook innoverende navigasiefunksies wat onder meer noodremming insluit asook wat Mercedes noem, “On-Street Prediction”, “Real-Time Information” en “Off-Street Information” wat die naaste en maklikste parkeeropsies uitwys.

Die stelsel bied ook Mercedes se “real-time parking” en die vermoë om half-outonoom te bestuur sonder bestuurderinsette in sekere situasies. Dit word gedoen met die hulp van verbeterde aanboordkameras asook ‘n radarstelsel wat tot 500 meter vooruit in die pad kan “sien” wat met die verkeer aangaan! Dit sluit ook Mercedes se verbeterde aktiewe remhulp (ABA) as deel van elke nuwe A-Klas se standaardtoerusting in. Hierdie stelsel verminder impak sou ‘n botsing agter in stadige verkeer, voertuie wat hard en/of skielik rem of selfs stilstaande verkeer, onvermydelik wees. Die stelsel reageer selfs om botsings met voetgangers of fietsryers te vermy.

Tydens die mediabekendstelling in Kaapstad was slegs twee modelle beskikbaar. Die A200 wat nou deur ‘n nuwegenerasie-, turboaangedrewe viersilinderpetrolenjin van 1,33 liter aangedryf word en A250 Sport wat toegerus is met ‘n nuwe viersilinder-turbopetrolkragbron van 2,0 liter. ‘n Dieselmodel sal in die eerste kwartaal aanstaande jaar plaaslik tot die modelreeks gevoeg word.

Vir diegene wat steeds hou van ‘n ratkierie gooi, is daar slegte nuus, die nuwe Mercedes A-Klas is glad nie meer met ‘n handratkas beskikbaar nie.

Die A200 se 1,33 liter lewer 120 kW en 250 Nm wringkrag en stuur die krag na die voorwiele met behulp van ‘n 7G DCT dubbelkoppelaar-ratkas. Amptelike brandstofvebruik word aangegee as 5,2 liter/100 km. Die A250 Sport 2,0 liter-petroloond skop 165 kW en 350 Nm se piek verrigting uit en is ook toegerus met dieselfde 7G DCT-ratkas.

Brandstofverbruik word aangegee as 6,2 liter/100 km. Verbeterde brandstofekonomie is ook danksy die laer sleur, maar die nuwe enjins bied ondermeer “ Camtronic” vir die inlaat-nokasse asook ‘n verfynde partikelfilter as standardom kleiner teugies te drink.

Op die pad bied die nuwe A-Klas verskillende onderste- en veringopsies afhangend van die enjingrootte en bestuurdervoorkeur. “Dynamic Select” is deel van die standaardtoerusting en met die druk van ‘n knoppie kan gekies word tussen Comfort- en Eco-modusse. Veerstelselbeheer (Active damping control) is egter ‘n opsionele ekstra. Soos met sy voorgangers, gebruik die nuwe A-Klas ook ‘n McPherson-stelsel voor en veelskakelvering agter. Die A250 Sportmodel kom egter met aanpasbare vering, groter wiele en ‘n beter vierskakel-agtervering wat op ‘n subraam gemonteer is en met rubber van die bak geïsoleer is ten einde vibrasie na die kajuit te minimaliseer.

Ons kon tydens die bekendstelling slegs met die A200 ry en ek was verstom hoe gemaklik die 1,3 liter-enjin die A-Klas se gesofistikeerde en weelderige bak rondsleep. Verbasend het die enjintjie nooit aan krag mank gaan nie, selfs nie as ek effe haastig geraak het nie. Versnelling was goed met die ritgehalte, hantering en paddinamika veel beter as die uitgaande model. Teen hoë toere was die klein enjin effe raserig, maar met min wind- en padgeraas was dit dalk net beter hoorbaar.

Ek persoonlik is gaande oor die 2019 A-Klas se ontwerp en moderne kajuit en is oortuig die verkope gaan dit bevestig.

Fotos ter illustrasie is die van die linkerhandstuur modelle.
  AUTHOR
Dirk Gallowitz

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: