Bittereinder een van die dae in die dorp

Asem. Ons dink min daaroor, maar wanneer ons doen verander dit alles. Daar is dinge daar buite wat jou asem wil steel. Selfs meer opwindend as dit: daar is dinge hier binne wat jou asem wil roof. Die asemrowers weet waar jy bly, in elke seisoen van jou lewe kom streel hulle jou bewussyn en herinner jou wat dit is om lewendig te wees.

LEES OOK: Louise Carver’s tips for aspiring artists

Maar hier, uiteindelik, is weer ‘n vars asem wat al die beste dele van Bittereinder weer saambring: groot electro bas ritmes, swewende syntetiseerders en kragtige lirieke en ruimte skep vir bietjie broodnodige nadenking oor waarmee jy besig is wanneer jy sê dat jy lewendig is.

Vanaf hul ontstaan in 2009 is die Bittereinder-manne heeltyd ietwat behep met die sogenaamde groter vrae. Die eerste vier albums was propvol geestelike en filosofiese verkenning in digterlike liriek en Bittereinder se plek in die Valhalla van Conscious Rap is lankal bespreek.

LEES OOK: Plaaslike talent maak landswye opslae

Die groep se lewendige optredes veroorsaak ook die formasie en groei van ‘n jubelende bonsweermag, en daar bestaan dus talle redes dat “die dinkdansmasjien” al vele toekennings en kritiese lof ontvang het vir die musikale, visuele, tekstuele en regstreekse elemente van hulle kunsmakery.

Die groep tree hierdie Saterdag by Jock Pub en Grill op. Kaartjies kos R80 en kan by die deur gekoop word.

  AUTHOR
Arisa Janse van Rensburg
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: