KANARIE vlieg hoog toe Vooroodeel die hok ooploos

Scrapbook poster (detail) deur M.J. du Preez.

Op 19 Oktober het die fliek KANARIE Suid-Afrikaanse gehore getref. Dit vertel die storie wat alle Suid-Afrikaners lankal moes hoor – die waarheid van diensplig in die 80’s.

Die amptelike beskrywing van die fliek lui as volg: “KANARIE is ‘n musikale oorlogsdrama, wat afspeel in Suid-Afrika in 1985 en die storie van ‘n jong seun vertel wat in ‘n tyd van onderdrukking geforseer word om sy identiteit te vind.”

Myns insiens is dit soveel meer as dit. Hierdie film breek die een stereotipe na die ander af: Homoseksualiteit, Christenskap, ware manlikheid en selfliefde.

Boonop spog dit met ‘n klankbaan wat varieer van tradisionele psalmsange tot Boy George.

In die hoofrol staan komediant Schalk Bezuidenhout wat suksesvol daardie stereotipe afgeskud het.

Bezuidenhout wys sy verkleurmannetjie sy as Johan Niemand, ‘n seun wat in ‘n streng Christelike huishouding grootword en dan by die weermag se Kanaries aansluit.  Hy raak verlief op ‘n mede-kanararie en dit is dan wanneer sy lewe uitmekaar val.

Bezuidenhout neem jou op ‘n reis saam met hom en jy voel self elke liewe emosionele en fisiese verwerping en aanvaarding waardeer hy gaan.

LEES OOK: 10 dinge wat my bloed laat borrel

Onder regie van Christiaan Olwagen baan hierdie fliek, nes sy alternatiewe eweknie Johnny is nie dood nie, ‘n nuwe weg in die Afrikaanse rolprentindustrie.

Dit wys dat daar ‘n nuwe Afrikaanse generasie is wat oorgeërfde waardesbevraagteken en is bereidwillig om die norm uit te daag.

Dit is amper ‘n week nadat ek die voorreg gehad het om die film te kyk en ek staan steeds verstom dat daar ‘n verlore era is waar mense hul liefde vir mekaar moes wegsteek oor vooroordele wat onder die dekmantel van Christenskap en patriotisme voorgehou is.

Mag ons nooit weer in só ‘n tyd verlore raak nie.

LEES OOK: Ek kom nie los van Innibos

  AUTHOR
Arisa Janse van Rensburg
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: