Nuwelinge in Puma-kamp gryp die geleentheid aan

Kruger (21) is ‘n oudleerling van Hoërskool Nelspruit wat eers in gr. 10
sy rugbystewels aangetrek het nadat hy vry- en borsslag vir Mpumalanga geswem het.

“My koshuisvriende het my aangeraai om die rugbyproewe by te woon,
aangesien my lengte glo ‘n groot voordeel is. Ek het op slot begin, maar draf ek nou op agsteman uit.”
Hy het vir die vierde span begin speel en sodanig verbeter, dat hy nou vir die eerstes uitdraf. In 2011 het hy BCom bemarking aan die Universiteit van Pretoria begin studeer.

Hier het hy vir Tukkies se o/20’s en die Pumas se o/19’s uitgedraf en ‘n jaar later vir Tuks se Jongspan en die Pumas se o/21’s. Aan die einde van 2013 is hy uitgenooi om saam met die Pumas te oefen.

“Ek het in die twee maande baie verbeter en ons werk hard aan ons
fiksheid, kondisionering en die hantering van die bal.

Jimmy Stonehouse is baie goed in wat hy doen en as jy dit waarop hy fokus, inneem en op die regte manier beoefen, dan kan ek nie anders om as speler te verbeter nie.”
Sy kamermaat, Pretorius (22) was op die plaasvervangersbank teen die Goue Leeus wat Saterdag op Ellispark gespeel het. Die Pumas het ongelukkig in die doodsnikke van die wedstryd verloor.

Die skrummie het sy hoërskoolloopbaan by Afrikaans Hoër Seunskool in Pretoria begin, maar is later na Hoërskool Brandwag. “Dit was seker
een van die domste besluite wat ek geneem het om van skole te verwissel.

Ek het op losskakel begin, maar daar was ‘n groot tekort aan skrumskakels en ek het gedink my kans op nommer 9 is beter.” In gr. 11 het hy reeds vir sy skool se eerstes uitgedraf.

Pretorius is in 2011 vir die Springbok o/20-proewe in Kimberley uitgenooi. Hy het ook vir die Tuks Jongspan en vir die Pumas o/20- en o/21-span gespeel. Aan die einde van 2012 het hy vir Tukkies Sewes gespeel waar
hulle na Dubai getoer het en die span is ook na Zimbabwe in 2013.

“Ek is vir ‘n opwarmingswedstryd vir die Limpopo Blou Bulle teen die Luiperds gekies. Die Potchefstromers het my gevra om daar te kom speel. Ek was ‘n week daar toe ek ‘n besering opgedoen het.

Ek is daarna terug Pumas toe.” Stonehouse het hom genader om saam met die span te oefen. “Jy moet aanhou en uithou. Ek en Marco oefen in
ons eie tyd omdat ons besef dat dit ‘n fantastiese geleentheid is.”
Die Ferros-ster van Witbank, Pule Sibiya (21) het Maandag homself by die Pienkes aangesluit nadat Deon Scholtz en Aswin Scott die afgelope naweek beserings opgedoen het.

Hy hardloop die 100m in 10,5sek, die 400m in 48,99 en spring 7,10m
ver. In 2012 het hy vir die SA’s Atletiek gekwalifiseer. Alhoewel hy ‘n
uitstekende atleet is, het hy besluit om sy volle aandag aan sy groot liefde,
rugby te gee.

“Ek het in 2006 begin rugby speel en het nog nooit teruggekyk nie.
Na matriek het ek vir Ferros se eerste span uitgedraf en ook vir die Pumas se o/19’s.

Daardie jaar is ek as die speler van die jaar aangewys. Ek was saam met
Johan na Zimbabwe vir die Sewes-toernooi.”
En wat was sy reaksie toe die spanbestuurder Marius van Rensburg hom skakel? “Ek het amper uit my vel gespring – dit het gevoel asof ek bo-op die wolke sweef. Ek gaan baie hard werk om ‘n permanente kontrak los te slaan.”
Dié drie kan beslis op die rugbyveld dopgehou word.

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: